3
888
slider2
333
231
113
new-slider
new-slider2
new-slider2

PERSONEEL

Johanna Hadebe

Johanna Hadebe is al sewentien jaar werksaam by die Steenkamps se huishouding en het die kinders help grootmaak en “pakslae” gegee. Sy is die soort  wat deur die ryp en sneeu sal stap om op haar pos te wees! Johanna help graag in die gastehuis wanneer haar werk in die huis gedoen is!

Anna Malatsi

Anna Malatsi woon op ‘n buurplaas maar werk ook al geruime jare vir die Steenkamps. Sy is absoluut Jabulaan se steunpilaar!

Jabulaan Nkosi

Jabulaan Nkosi is die tuin voorman op die plaas en sorg vir bykans 13 jaar dat die tuin altyd ‘n lushof is, winter en somer! Hy is ‘n getroue opsigter en weet van al die gebeure op die plaas. Ons Gesin Steenkamp “jabula” baie oor Jabu.

Patricia Thela

Patricia Thela is op die plaas gebore en werk al amper ‘n dekade by ons in die huis! Sy is ‘n slim, inteligente vrou wat altyd daardie ekstra myl vir elkeen van ons gesin sowel vir die gaste loop. Sy is absoluut my regterhand en behartig die totale organisasie van die gastehuis. Sy sorg dat elke gas wat daar aankom welkom voel in ‘n silwerskoon kamer wat behoorlik gediens is en bederf almal met ‘n wonderlike plaas ontbyt voor hulle weer in die pad val.

Happiness Shongwe

Happiness Shongwe woon op ‘n buurplaas en is al byna 10 jaar werksaam by ons. Sy is die knap wasvrou wat sorg dat elke gas in ‘n kraakvars, spierwit bed kan oornag! Sy leef ook haar naam uit en is altyd “happy” en vriendelik.