AANWYSINGS

Vanaf Pta neem die N4 en ry deur Bronkhorstpruit, verby Witbank en Middelburg. As jy die ALZU PETROPORT op die regterkant kry, ry vir nog 10km aan tot waar jy die hoë ligte kry net voor Wonderfontein. Daar draai jy regs Carolina toe vir +- 40km (R33). Ry deur Carolina en as jy oor die treinspoor is draai jy weer regs Amsterdam/Oshoek/Chrissiesmeer toe (weer die R33) as jy hier gedraai het hou jy reguit op die R33 weer vir +- 43 km totdat jy by die T-aansluiting kom wat met die N17 kruis. Draai Regs Ermelo se kant toe en RY SLEGS 700 METER en vind Dennedal se naambord aan jou LINKERKANT!!!
1. Ry tot in Carolina via Wonderfontein of Mochadodorp. Ry deur die dorpie tot jy verby die WIMPY is en dan nadat jy die treinspoor gekruis het draai jy regs op die R33 (Amsterdam/Oshoek/Chrissiesmeer) Ry +- 40 km REGUIT aan op die R33 tot jy by die T-aansluiting kom waar jy die N17 kruis. Draai REGS op die N17 in die rigting van Ermelo en ry net 700 METER en vind DENNEDAL se naambord op jou LINKERKANT en volg dan die padaanwysings van daar af.

2. Of ry tot in Badplaas en neem die pad Carolina toe waar jy dan net voor jy die dorpie binne ry (nog voor die treinspoor) jy op die R33 links uit draai op die Amsterdam/Oshoek/Chrissiesmeer pad. Ry dan +- 40km op die R33 tot jy by die T-aansluiting kom waar jy die N17 kruis en draai REGS op die N17 in die rigting van Ermelo, ry slegs 700 METER en vind DENNEDAL se naambord aan die LINKERKANT, van waar jy dan die aanwysings volg tot by die gastehuis.

3. Of ry deur Badplaas en gaan dan tot by die Lochiel T-aansluiting op die N17 en draai REGS op die N17 in die rigting van Ermelo en ry tot waar die R33 met ‘n T-aansluiting in die N17 (+- 40km) aansluit. Hou 700m REGUIT aan op die N17 nadat jy verby die T-aansluiting is en vind DENNEDAL se naambord op jou LINKERKANT.

Vanaf Polokwane ry to by Wonderfontein en ry met die R33 tot in Carolina, ry reguit deur die dorpie tot oor die treinspoor. Net na die treinspoor draai REGS op die R33 (Amsterdam/Oshoek/Chrissiesmeer) vir ongeveer 40km tot by die T-aansluiting waar die pad by die N17 aansluit. Draai REGS op die pad Ermelo se rigting en ry SLEGS 700 METER en vind DENNEDAL se naambord aand die LINKERKANT. Volg dan die aanwysings van daar af!
ry tot jy die N17 kruis vanaf Piet Retief of Amsterdam se kant en draai dan LInks en hou aan tot jy by die Carolina afdraai is. Ry verby die afdraai vir 700 METER en vind DENNEDAL se bord aan die LINKERKANT
Vanaf Johannesburg kan jy deur Ermelo ry todat jy op die N17 oppad Oshoek Mbabane kom. Ry tot in Chrissiesmeer, ry vir +-25km tot jy DENNEDAL aan jou REGTERKANT sal vind, volg dan die aanwysings wat duidelik aangebring is!!