DENNEDAL GASTEHUIS

 Kom geniet ‘n glasie wyn of romerige koffie met jou gunsteling boek of tydskrif voor ‘n gesellige kaggelvuur terwyl jy van die alledaagse gejaag kan ontvlug.Hartlik welkom aan elke gas wat Denndal gastehuis kies as ‘n oornag of wegbreek tuiste! Ons gastehuis is ongeveer 70km buite Ermelo op die Swaziland-Mbabane pad (N17) geleë. Ons is 17.1 km vanaf Florence Gasteplaas waar sprokies troues plaasvind. In die hartjie van die hoëveld, op die rand van die misbank tussen Dennebome, waar hartlike kaggelvure altyd knetter sal jy aangenaam verras word met ons kraakvars oornag fasiliteite en interessante dekor!

Pak jou stapskoene in en geniet ‘n perfekte vars-lug sonskyn dag op die hoëveld! Of bring jou visstok en verras ‘n vis (Swartbaars of Karp) ! Onthou, alles wat die moeite werd is, is daardie ekstra myl werd! Ons glo en vertrou dat ons gasvryheid, vriendelikheid en omgewing jou sal huistoe stuur met soete herinneringe van jou besoek aan ons wêreld en dat dit ‘n aangename ervaring sal wees wat jou sal laat terukeer vir meer….Plaasgroete!!

WEENS SLEGTE SEINE
stuur asb alle navrae na marinda@wsm.co.za
Of whatsupp na 0828022164

PRYSE SAL OP AANVRAAG GEGEE WORD.

MAAK ‘N BESPREKING
“Die dierbaarste gasheer en gasvrou – ‘n Spog gastehuis — asb gaan besoek hul gerus!”
Elize van Rooyen
“Baie geluk Braam en Marinda, julle is ‘n wenspan. Al die harde werk het vrugte afgewerp! Julle plekkie het warmte en is ‘n lus vir die oog.”
Debbie van Niekerk
“Dis regtig baie uniek en droom-mooi. Net spesiale talent wat dit kan verrig. Seën vir jul pragtige gastehuis!”
Alta Marais
“Sjoe! Dis ‘n pragtige plek! Welgedaan!”
Hettie Kraftt